Thi Art-restaurant hou makietie

Thi Art-restaurant bied op Woensdag en Donderdag, 10 en 11 Mei, lekker vermaak vir hul klante aan.

 

Woensdag gaan daar ’n platejoggie wees wat besoekers met lekker musiek gaan vermaak. Hierdie platejoggie is DJ Exclusive Frequency. Tussen 17:30 – 19:30 is dit ook happy hour by Thi Art – vir elke skemerkelkie wat jy koop, kry jy een gratis.

 

Donderdag gaan die plaaslike maar ook welbekende Marais Visser en Johan van der Merwe van die musiek groep Dobbelsteun besoekers vermaak met hulle spesiale musiek. Thi Art het elke Donderdag ook 20 persent afslag op alle pizzas.

 

Om jou plek te bespreek, stuur vir Thi Art ’n boodskap op hul Facebook-blad of kontak hulle by 076 792 0806. Maak nou jou bespreking om teleurstelling te voorkom. Met al hierdie vermaak wat by Thi Art gaan plaasvind, wil jy dit beslis nie misloop nie.  
Bron: Thi Art, Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?