Thi Art-restaurant bedien Sondag-middagete

Thi Art-restaurant is ’n ongelooflike mooi plek om ’n ete te gaan geniet en lekker gesellig saam met vriende en familie te verkeer. Thi Art bedien nou ook elke Sondag ’n middagete vir slegs R145 per persoon.

Eerskomende Sondag se spyskaart is lamsboud, gebakte aartappels, oondgeroosterde groente, soetpatat, rys en slaai. Die maaltyd sluit ook ’n heerlike nagereg in en Sondag is dit die immergewilde malvapoeding. Bring jou vriende en familie en kom geniet ’n heerlike ete.

Besprekings is noodsaaklik en Thi Art kan by 076 792 0806 gekontak word vir enige navrae en om te bespreek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?