Super Sokkie ’n reuse sukses

Die grootste sokkie-geleentheid van die jaar, Super Sokkie by Carnival City in Johannesburg, was ’n reuse sukses.

Kurt Darren, Liezel Pieters, Snotkop, Refentse en Nádine het op Sondag, 31 Desember, die verhoog gedeel om die oujaar te groet en die nuwe jaar in te sokkie. “Die vibe is amazing hier by Carnival City,” het Snotkop gesê.

Treffers soos Kaalvoet Sokkie, Anoret, Kaapse Draai, Droë Riviere, Cool soos Koos Kombuis en vele ander het gesorg vir langarmdans tot net voor middernag, waarna die nuwe jaar met ’n heerlike glas Drostdy-Hof ingegaan is.

“Dit was só lekker om op 31 Desember by Carnival City te wees,” sê Nádine.

Konsertgangers het op sosiale media met groot lof hul ervaring van dié sokkie-geleentheid gedeel. Werner Engelbrecht skryf: “Het baie lekker saam met julle gekuier, dankie. 2018 bring it on!” Elaine du Toit sê: “[D]it was MAL lekker! Groot respek vir julle!!”

Super Sokkie se volgende datum is op 3 Maart in die VSA en daarna word daar van Vrydag, 9 Maart tot Maandag, 12 Maart op ’n MSC-vaart gesokkie.

Super Sokkie in die VSA met Kurt Darren, Snotkop, Nádine en Jay, vind op 3 Maart by die Marietta-saal plaas en kaartjies is nóú by www.supersokkie.com beskikbaar.           

               

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?