Super Sokkie klink ’n glasie op die nuwe jaar

Kurt Darren, Liezel Pieters, Refentse, Snotkop en Nádine kom op Sondag, 31 Desember bymekaar om die nuwe jaar in te sokkie. Super Sokkie-konsertgangers kan uitsien na treffers soos “Cool soos Koos Kombuis”, “Kaptein”, “Anoret”, “Kaapse Draai” en vele ander, wat sorg vir heerlike oomblikke op die dansvloer.

Daar is beslis genoeg vir konsertgangers om aan te smul tydens dié konsert, wat by Carnival City in Johannesburg aangebied word. “Met Carnival City se top-restaurante en ons trotse wynborg, Drostdy-Hof, is daar iets vir almal,” sê Kurt Darren, organiseerder van Super Sokkie.

Carnival City spog met meer as sewe top-restaurante waarvan Spur, Panarotti’s, Ocean Basket en Fego Caffé, slegs enkele smul-opsies is. “Die verskeidenheid restaurante is spesiaal gekies om jóú smaak te akkommodeer,” sê Annemie Turk, algemene bestuurder van Carnival City.

Volgens Frans Booysen, bemarkingsbestuurder van die Distell-groep, het Drostdy-Hof besluit om vanjaar by Super Sokkie betrokke te raak omdat dit so ’n groot voetspoor in die Afrikaanse musiekbedryf het.

Super Sokkie toer op 3 Maart 2018 na die VSA en word daarna van Vrydag, 9 tot Maandag, 12 Maart 2018 op ’n MSC-bootvaart voortgesit.

Kaartjies vir die vertoning op Sondag, 31 Desember is nóú landwyd by Computicket-kiosks, Shoprite/Checkers en House & Home beskikbaar. Kaartjies is ook aanlyn by Computicket of telefonies by 0861 915 8000 beskikbaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?