Stoftrap 2017 vol pret en kleur

Die Hansie en Grietjie-kleuterklub in oorleg met Vredendal Volkswagen bied aanstaande maand ’n Stoftrap-looproete en -bergfietsdag aan. Hierdie verrigtinge vind plaas op 6 Mei by Maskam Brewing Company.

Die dag se verrigtinge behels die volgende: ’n tweekamp-bergfietsroete, ’n looproete asook ’n Color Splash van 3,5 km, waar deelnemers met verskillende kleure poeierverf gegooi sal word. Die inskrywings het reeds geopen en inskrywingsvorms is beskikbaar by die volgende maatskappye: Hansie & Grietjie-kleuterklub op Lutzville, Maskam Brewing Company en Vredendal Volkswagen. Daar is groot pryse op die spel.

Die dag gaan propvol pret wees, die kuier gaan aangenaam wees en die geselskap gaan beslis die moeite werd wees. Vir meer inligting kontak die organiseerders van die dag – Liezel van Zyl by 083 505 8989 of Liezl van Rhyn by 084 245 1578.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?