Stoftrap 2017 ’n reuse sukses

Op Saterdag 6 Mei, het die Hansie en Grietjie-kleuterklub ’n Stoftrap-looproete en -bergfietsdag by Maskam Brouery aangebied. Hierdie dag se verrigtinge was ’n reuse sukses.

 

Daar was baie mense wat deelgeneem het aan hierdie loop- en bergfietsroete. Almal wat deelgeneem het, het dit terdeë geniet – dit was beslis ’n dag propvol pret en opwinding. Dit was beslis die moeite werd gewees om aan die dag se verrigtinge te kon deelneem.

 

Baie dankie aan Vredendal Volkswagen vir julle bydrae en ook vir Maskam Brouery wat hul plek beskikbaar gestel het vir die Stoftrap.

 

Bron: Maskam Brouery, Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?