Staatspresident besoek meesterlike Matzikama Munisipaliteit

Die Matzikama Munisipaliteit se kantoor het behoorlik gegons toe toe Danie Lubbe, munisipale bestuurder in kennis gestel is dat die munisipaliteit ’n unieke toekenning ontvang het. Matzikama Munisipaliteit is aangewys as een van die beste munisipaliteite in Suid-Afrika. Die uitblinker-munisipaliteit spog nou met ’n GOV Best Performing Municipalities toekenning. Die toekenning volg nadat die munisipaliteit ’n skoon oudit vir 2018 gehad het – vir die vierde agtereenvolgende jaar.

Die munisipale kantoor is behoorlik in hul noppies, want die staatspresident, Cyril Ramaphosa, geen binnekort die streek besoek met positiewe nuus. Dit is dus geen toeval wat president Ramaphosa na Matzikama bring nie. Slegs 57 munisipaliteite vanuit die 257 munispaliteite word gekies om deel te wees van dié ekonomiese ontwikkelingsprogram en bykomende fondse wat deur die president beskikbaar gestel sal word. Die munisipaliteit kan slegs deel wees van die program omdat dit ’n skoon oudit behaal is. Dié bykomende fondse sal gebruik word om opgradering van paaie te doen, elektrisiteit te verskaf, asook water- en rioolwerke, informele nedersettings, skolewerkskepping en jeugprogramme.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?