Spirit Life Ministries se geestelike byeenkoms

Spirit Life Ministries bied ’n Supernatural Encounter aan vir die gemeenskap. Dit sal plaasvind by Vergenoeg se skoolsaal in Vredendal-Noord.

 

Die verrigtinge sal om 19:00 begin en daar is geen toegangsfooi verbonde nie. Die aanbieders van die aand is profeet Jay J en Charmaine. Pastoor Jan Titus is die gasspreker wat die gehoor gaan toespreek en die gaskunstenaars van die aand is Ettiene en die Cleansing Gospel-dansers.
Almal is meer as welkom om die geleentheid by te woon. So indien jy in die Vredendal-omgewing is gaan maak ’n draai by die aand se verrigtinge. Dit klink soos ’n geleentheid wat jy nie wil misloop nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?