Spaar só jou geld na die Desembervakansie

Met die Desembervakansie wat reeds verby is, sukkel mens maar finansieel in Januarie, veral omdat jy jou geliefdes bederf het deur vir hulle geskenke te koop. Hier is ’n paar wenke van hoe jy daardie laaste paar sente kan spaar en mooi daarmee kan werk:

  • Stel ’n begroting op en hou daarby.
  • Stel ’n inkopie-lys op en koop net die nodige items op jou lys.
  • As jy nie bekende handelsmerke kan bekostig nie, vermy dit liewers.
  • As jy inkopies doen is dit beter om kontant te betaal want om met ’n kredietkaart te betaal, kan duurder wees.
  • Wees op die uitkyk vir enige spesiale aanbiedinge.
  • Gebruik jou water en elektrisiteit spaarsamig. Gebruik dit net as dit nodig is.
  • Nooi vriende oor as wat jy wil uitgaan. Dit is baie goedkoper om by die huis gesellig te wees en te kuier as wat julle na ’n restaurant gaan.

Pas gerus hierdie wenke toe want dit kan jou help om die verskriklike lang Januarie-maand te oorleef.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?