Skryf nou in vir die eerste trapNET 360 fietsry-byeenkoms

Die eerste trapNET 360, wat vanjaar van Vrydag, 20 Julie tot Sondag, 22 Julie by SuperSport Park in Centurion aangebied word, bied ’n splinternuwe perspektief op fietsry-wedrenne.

“Fietsry is een van die sportsoorte in Suid-Afrika wat die vinnigste groei. Fietsry-byeenkomste raak al hoe meer gewild, met duisende ryers wat aan wedrenne deelneem. Ons beoog om dieselfde ervaring aan fietsryers in Gauteng te bied, maar wil ook die hele familie by die byeenkoms betrokke kry,” vertel Marius Opperman, eienaar van Trio Events en organiseerder van trapNET 360.

“As volwassenes voel ons altyd weer soos kinders wanneer ons by die deure van ’n fietsry- en leefstylekspo instap. Daarom bied ons oor die naweek juis só ’n ekspo aan, om tot die pret by te dra. Ons wil hê die hele familie, oud en jonk, moet hierdie geleentheid geniet – of hulle deelneem, of nie,” brei Opperman uit.

Hy vertel verder dat trapNET 360 dit ten doel het om aan families ’n geleentheid te gee om meer tyd met mekaar te spandeer en ook saam aktief te wees. “Dít is die denkwyse waarmee ons trapNET 360 op die been gebring het,” sluit hy af.

Inskrywings vir trapNET 360 kan nou gedoen word.

’n Verskeidenheid wedrenne word aangebied. Die hoofwedren is Sondag, 22 Julie en is ’n 100 km padfietswedren, wat deelnemers op die mooiste paaie deur Pretoria neem. As deel van trapNET 360 Junior word daar Saterdag, 21 Julie ’n reeks wedrenne vir kinders aangebied. Kinders (saam met een ouer) kan aan een van die volgende afstande deelneem: ’n 1 km stootfietswedren, ’n 2.5 km of ’n 5 km wedren.

By die ekspo word talle fietsry- en leefstyl-produkte verkoop, met ’n geleentheid vir ’n winskoop of twee. Daar is Vrydagaand, 20 Julie, ’n regstreekse uitsending van die gewilde kletsprogram, Toks & Tjops, asook ’n verskeie eet- en drinkgoed by stalletjies.

Hierdie byeenkoms is vir almal. Enigiemand wat baie waarde aan tyd saam met hul families heg, gaan trapNET 360 geniet. trapNET 360 weet fietsry is ’n massiewe sosiale aktiwiteit en dat dit oor baie meer as net fietsry gaan, maar dat dit ook vuurmaakhout vir die oudag saam jou vriende en familie versamel.

Indien jy meer inligting benodig, besoek ons webtuiste by www.trapnet.co.za. Volg ons ook op Facebook, Instagram en Twitter vir al die nuutste inligting.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?