Shorin Kempo Kaikan Karate se fondsinsameling

Die Shorin Kempo Kaikan Karate is ’n organisasie in die Matzikama-streek wat gratis karatelesse aan probleemkinders en minderbevoorregte kinders in die gemeenskap rig. Shihan Neville Claasen se visie vir hierdie organisasie is om hoofsaaklik dissipline in die kinders te bewerkstellig.

Shorin Kempo Kaikan Karate studente neem jaarliks aan provinsiale, nasionale en internasionale kampioenskappe deel. Shihan Claasen is baie trots op sy studente se prestasies, maar sukkel om borge en finansiële steun in die omgewing te kry.

“Baie van my studente het nie karate-uniforms nie en dit is een van die redes hoekom ek fondsinsamelingsprojekte loods,” vertel Shihan Claasen.

Op Saterdag, 16 Desember sal daar ’n dans in die Vredendal-Noord Gemeenskapsaal plaasvind. Deure maak om 20:00 oop en toegang voor 22:00 sal R30 per persoon beloop. Toegang na 22:00 sal R40 per persoon kos.

Verskeie DJ’s soos DJ Rickz, DJ SBNZA en DJ Lhu sal die musiek verskaf. Die fondse wat ingesamel word, sal alles aan Shorin Kempo Kaikan Karate en die voortbestaan van die organisasie gaan.

Vir meer inligting of om ’n bydrae te lewer kontak vir Shihan Neville Claasen by 073 429 1153.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?