Sesde SAJWV Maskam-veldskietkompetisie

Op Saterdag, 15 September het SAJWV in Maskam hul sesde veldskietkompetisie gehou. Daar was 77 inskrywings in totaal wat wou bewys hoe presies hul hand-oog-koördinasie is.

Die organiseerders het meer inskrywings verwag, maar is tog dankbaar vir die opkoms en die vele borge wat deel was van die dag. Die baan het menige skuts se skatting op afstand tot die uiterste beproef, maar daar kon slegs ‘n handjievol wenners wees. Evan Lategan het geslaag om eerste in die slenterslag te eindig met F. Retief en Stiaan van Wyk in onderskeidelik tweede en derde plek. Paul de Villiers het met ’n voltal van 600 punte koning gekraai in die randslag-kategorie, met Adam Botha knap op sy hakke met 560 punte. Daan van Zyl was die wenner van die .22-geweer.

Die organiseerders bedank al die borge wat die dag ondersteun het veral Redsun Raisins, Kaap Agri Vanrhynsdorp en Vredendal, Boltco, Rudolph Optics, Letsatsi, Santam, Mayer, Retshof vleis, Vanrhynsdorp Apteek, Cape Natural Tea Products en Khoisan Tee. Hulle bedank ook vir die Lions Vredendal vir die gazebo-skenking.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?