SAPD sluit 16 dae van aktivisme af

Op Sondag, 10 Desember het die plaaslike SAPD op Vredendal die 16 dae van aktivisme teen vroue en kindergeweld afgesluit met ’n kerkdiens by die Vredendal Volle Evangelie kerk op Vredendal-Noord.

Kapelaan Virgil Davids van Vredendal SAPD het die voorwoord gedoen en het die publiek versoek om die SAPD by te staan in hul verskeie gemeenskappe asook om die polisielede in gebed op te dra.

Volgens kpln. Davids het pastoor Reggie Strauss ’n geseënde boodskap gebring en dat die diens deur verskeie lede van die SAPD bygewoon was.

“Die diens is bygewoon deur luitenant-kolonel Moreku (hoof van Vredendal-speurdiens), luitenant-kolonel Moses (vispol-bevelvoerder), luitenant-kolonel Fortuin, wat na 34 jaar die septer gaan neerlê, kaptein Julies (operasionele hoof)) wat Sondag 27 jaar diens in die polisie gevier het, sersant Bernardo (skoftelid) en Virgil Davids (kapelaan).” sê Davids.

Davids voeg ook by dat mnr. Henry Shaeffer, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op Lutzville, ook die diens bygewoon het.

“Gesinsgeweld is almal se verantwoordelikheid om te help om dit hok te slaan,” sê Davids.

Kpln. Davids wens almal ’n voorspoedige en geweldvrye Kersfees toe.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?