Rugbygemeenskap staan saam vir bemagtiging ter ere van geliefde rugbyheld

Die afgelope week was ’n hartverskeurende een vir die Invincibles Rugbyspan op Vredendal-Noord. Die span, asook familie en vriende het afskeid geneem van Stehan Arends wat ’n passievolle speler was vir die span en ’n geliefde lid van die gemeenskap.

Die gemeenskap waardeer die harde werk en passie wat Stehan getoon het aan die gemeenskap van Vredendal-Noord en wil dus voorthou met die bemagtiging van die gemeenskap. Dit is hoekom ds. Pedro Oktober van die VGK gemeente op Vredendal-Noord, wat onlangs sy eerste publikasie getiteld ‘Keer terug na God’ gepubliseer het, ’n persentasie van die wins aan die Stehan Arends Invincibles Rugby Ontwikkelingsfonds gaan skenk.

’n R20 van elk van die boeke wat verkoop word gaan aan die Stehan Arends Invincibles Rugby Ontwikkelingsfonds, asook nóg ’n R20 vir elk van die boeke gaan geskenk word aan die VGK gemeente op Vredendal. Die prys van die boek beloop R170 met posgeld uitgesluit en R200 met posgeld ingesluit. Bestellings of aankope kan gedoen word by die kerkkantoor by VGK Vredendal-Noord by mev. Sarie Lategan. Sy kan ook gekontak word by 027 213 1687 of 082 514 2394.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?