R50 miljoen behuisingsprojek skop eersdaags af in Matzikama

Die Wes-Kaapse Minister van behuising, Bongi Madikizela,  het die Matzikama-streek verlede week besoek om die goeie nuus mee te deel dat  327 huise in Lutzville en 382 huise in Vredendal-Noord gebou gaan word.

Die  50-miljoenrandse behuisingsprojek skop met die aanvang van die jaar af met konstruksie en daar word verwag dat dit later vanjaar voltooi sal wees.. Madikizela het die versekering gegee dat ouer mense, asook mense met gebreke, eerste sal baat vind by die huisindeling. Hy het ook gesê dat mense op ’n basis van ‘first come, first serve’, gehelp sal word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?