Pragtige Kersboom by Matzikama-kantore op Lutzville

Kersfeeskoors is behoorlik in die lug, selfs die Matzikama Munisipaliteit kon tyd inruim van hul besige skedules om ekstra Kersfeesgees aan die Matzikama-streek te verleen. ’n Kersboom is die afgelope week by die Matzikama Munisipaliteitskantoor op Lutzville opgerig ter voorbereiding van Kersfees 2018.  

Die egte Suid-Afrikaanse Kersboom pronk feestelik en kleurvol voor die kantore en is aangebring deur die getroue elektrisiëns van Matzikama Munisipaliteit. Inwoners is gaande oor die unieke Kersboom en wat dit simboliseer. Loer gerus in by die kantore om die pragtige boom te besigtig en om jou laaste toutjies te knoop by die munisipaliteit voor die jaar eindig. Neem dan ook sommer ’n foto of twee by die boom om te spog op jou sosiale media bladsye.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?