Plaaslike dokter wen vet kontantprys

Caltex, in samewerking met Namaqua Garage op Vanrhynsdorp, het in Desember 2018 die MOOV Your Summer-kompetisie geloods. Indien ’n persoon petrol van R250 of meer koop, sou hy of sy outomaties inskryf vir die kompetisie. Die eerste plek se prysgeld was R30 000, die tweede plek R20 000 en die derde plek R10 000. Toe die kompetisie op 10 Januarie 2019 sluit en die trekking gedoen is, het Dr. Hennie Albertz van Vanrhynsdorp die eerste prys gewen! Namaqua Garage wens hom baie geluk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?