Pekeur groet Matzikama

Jevon Pekeur, direkteur van tegniese dienste, groet Matzikama-munisipaliteit ná 15 jaar. Pekeur het op 1 Maart by die Breederivier-munisipaliteit op Worcester begin. Pekeur sal altyd ’n spesiale plek vir Matzikama hê aangesien hy ’n boorling is van Ebenhaeser, waar sy familie steeds woon.

Oor sy loopbaan by Matzikama-munisipaliteit beskou hy elke projek wat afgehandel is as ’n hoogtepunt, want dit het ’n positiewe verskil in ander se lewens gemaak. Tydens die spesiale raadsvergadering verlede Woensdag, het die raad Pekeur bedank vir die uitsonderlike goeie diens wat hy aan Matzikama gelewer het, en is ’n geskenk aan hom oorhandig deur Danie Lubbe, die munisipale bestuurder. Pekeur het van die geleentheid gebruik gemaak om die amptenare van die tegniese departement te bedank vir hul samewerking wat oor die jare gelei het na uitstekende dienslewering.

Hy het ook die res van die munisipaliteit bedank vir elkeen wat deel gevorm het van die ketting. Pekeur is dankbaar teenoor die publiek met al hul positiewe bydraes oor die jare en sal dit altyd as ’n voorreg beskou om deel te kon wees van die Matzikama-munisipaliteit. Hy dank ook sy Hemelse Vader vir die geseënde jare wat hy daar gehad het. Die raad wens hom alle sukses en sterkte toe en glo dat hy vir Breederivier net so baie gaan beteken. Hy het beslis sy merk in Matzikama gemaak. Mnr. Riaan Basson sal voorlopig waarneem as tegniese direkteur.
Bron: Matzikama-munisipaliteit.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?