Pearl Thusi vertolk hoofrol in Scorpion King-fliek

Pearl Thusi het die hoofrol in die vyfde aflewering van die Scorpion King-franchise losgeslaan.
Dié Quantico-aktrise sal teenoor die akteur Zach McGowan in Scorpion King: The Book of Souls speel.

Dié oorspronklike produksie van Universal 1440 Entertainment, met regie deur Don Michael Paul (Tremors 6, Death Race: Beyond Anarchy), het onlangs in Kaapstad begin skiet.

In dié fliek snoer Scorpion King (McGowan) kragte met ’n vroulike vegter genaamd Tala, wat The Nubian King se suster is. Saam soek hulle na ’n legendariese artifak bekend as The Book of Souls, wat hulle in staat sal stel om ’n einde te maak aan ’n bose oorlogheer.

Thusi vertolk die rol van die prinses vegter en het die nuus op haar Instagram-profiel gedeel.

Kyk die video: www.instagram.com/p/BbhS5vojRI0/?taken-by=pearlthusi

Van die ander akteurs sluit in: Katy Saunders (Law and Order), Nathan Jones (Mad Max: Fury Road), Mayling Ng (Wonder Woman), Peter Mensah (Spartacus) en mede Suid-Afrikaner, Brandon Auret (District 9).

Die akteurs is reeds hard besig om voor te berei vir hul rolle, wat perdry-oefening ook insluit. In hul vrye tyd verken hulle Kaapstad.

Kyk hier: www.instagram.com/p/BbT2LT6DYN_/?taken-by=pearlthusi

Die fliek sal later in 2018 beskikbaar wees op Blu-Ray, DVD, Digitaal, On Demand en stroming.

Berig verskaf deur sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?