Paxton as jongste Idols-wenner aangewys

Paxton Fielies van Bishop Lavis in Kaapstad is Sondagaand as Suid-Afrika se dertiende Idols-wenner nóg gekroon.

Dié 17-jarige is boonop die jongste wenner in die Suid-Afrikaanse reeks van die kompetisie. Sy is slegs in graad 11 en gaan skool aan die Belhar High School for the Arts in Bellville. Sy het Mthokozisi Ndaba (25) van KwaZulu-Natal uitgestof in die finale rondte wat by Carnival City aangebied is.

Paxton se ma het haar aangemoedig om in te skryf. Nadat sy daaroor gedink het, het sy besef dat dit ’n goeie platform vir haar kan wees om haarself as kunstenaar te ontdek. Sy het op die ouderdom van sewe in die kerk begin sing en het ook tot 2015 in die New Apostolic Cape Town Children’s Choir gesing.

Paxton se eerste enkelsnit kan nou op JOOX geluister word. Laai die app gratis af en gebruik die unieke kode “Lumico2” om VIP-toegang te kry.

Berig verskaf deur sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?