Padveiligheid oor die feesseisoen

Dit is Desember en dit beteken almal is van plan om met vakansie te gaan. Dit is ook daardie tyd van die jaar waar die paaie baie deurmekaar is en motoriste jaag om by hul bestemming te wees, maar dit beteken ook dat daar baie ongelukke kan plaasvind tydens die feesseisoen. Jy hoef nie deel te wees van die statistiek nie. As jy by die padreëls hou en dit gehoorsaam, kan jy veilig by jou bestemming uitkom al beteken dit dalk dat jy ’n bietjie later daar uitkom as wat verwag is.

As jy nie seker is oor padveiligheid nie, kan jy gerus hieronder lees oor hoe jy padreëls kan volg:

  • Vermy alkohol terwyl jy bestuur of huur ’n bestuurder of taxi as jy van plan is om te drink.
  • Hou op ’n veilige afstand van die voertuig voor jou.
  • Vermy moegheid – kry ’n goeie nagrus die vorige aand en stop by plekke om vars lug te skep en bene te rek. Indien daar ’n tweede bestuurder in die motor is, kan julle ook beurte maak om te bestuur.
  • Wees bedag agter die stuur en vermy goed wat jou aandag kan aftrek soos gesprekke op die selfoon, teksboodskappe ens.
  • Gordel jouself en jou passasiers vas as jy op die pad is.
  • Beplan die roete na jou bestemming voor jy vertrek en gee jouself genoeg tyd om jou bestemmming te bereik.
  • Gebruik ’n goeie GPS-navigasietoestel of ’n padkaart ten einde jou roete akkuraat te beplan.
  • Maak seker dat jy jou voertuig laat diens voor jy met vakansie gaan.
  • Gehoorsaam padreëls en ry die nodige snelheid soos dit van jou verwag word, dit is beter om veilig by jou bestemming aan te kom as om te jaag.
  • Probeer om bestuur in die nag te vermy.
  • Moenie jou voertuig oorlaai nie!
  • Wees sigbaar – bestuur met jou ligte aan.
  • Hou familie of vriende ingelig oor jou roete en wanneer jy terug behoort te wees of jou bestemming behoort te bereik.
  • Hou noodsaaklike toerusting vir padbystand byderhand – noodhulpkassie, ’n tou vir die trek van ’n voertuig, waarskuwings-driehoek, flits en moontlik ’n brandblusser, asook alle nodige toerusting om ’n pap wiel te vervang.

Noodnommers wat jy moet ken indien daar ’n noodgeval of ongeluk plaasvind:

Polisie: 10111
Ambulans: 10177
Nood: 112
ER24: 084 124
Netcare: 082 911

Maak seker dat jy die padreëls gehoorsaam sodat jy veilig by jou bestemming kan uitkom.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?