Ouma Lenie Boks vier haar 100ste verjaarsdag

Op Sondag, 23 April, vier Ouma Lenie Boks haar 100ste verjaarsdag. Sy is die oudste lidmaat van die Verenigde Gereformeerde Kerk op Vredendal-Noord. Sondag se gedenkdiens sal spesiaal aan Ouma Lenie opgedra word.

 

Sondagnamiddag gaan al die Boks-familielede bymekaar kom om te reflekteer oor Ouma Lenie se lewe. Die verrigtinge sal plaasvind in die VGK se kerksaal en dit begin om 15:00. Daar sal familielede so ver as Beaufort-Wes reis om hierdie glansgeleentheid by te woon. Dit is beslis ’n geleentheid wat gevier moet word.

 

Ouma Lenie, ons wens u ’n geseënde verjaarsdag toe. Om die ouderdom van 100 te behaal is ’n baie groot mylpaal. Mag Sondag ’n geseënde dag wees en mag Ouma die dag terdeë geniet.
Bron: Dominee Pedro Aden Oktober, VGK Vredendal

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?