Oorvloed snoek op Doringbaai bring groot opwinding

Op Donderdag, 4 April 2019, was vissersmanne in Doringbaai oorstelp van vreugde toe ’n oorvloed van snoeke die baai tref. In slegs ’n paar oomblikke was die nabye strand oorval van omliggende inwoners wat die vars snoeke wou aankoop. Die ligte dou en koue weer het geen demper op vissermanne en potensieële kopers geplaas nie.

Die snoek wat gevang word, word sommer daar gevlek (oopgesny) en gesout om die vleis smaak te gee én beter te preserveer sodat dit aan die omliggende dorpe ook verkoop kan word. Paasfees is om die draai en om snoek en allerlei visgeregte voor te sit tydens hierdie tyd is vir baie mense ’n tradisie. Die vissermanne hoop dat hulle weer só ’n gelukskoot met snoek nader aan die Paastyd sal slaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?