Nuwe materiaal vir slaggate

Die span van Vanrhynsdorp-munisipaliteit het vandag ’n werkswinkel op Vredendal bygewoon oor hoe om slaggate op ’n makliker manier te lap.

Die konsultant wat hulle toegespreek het, het ’n nuwe materiaal bekend gestel wat ’n goeie en vinniger manier is om van slaggate ontslae te raak. Die materiaal is gemaak van klip en teer wat in ’n menger gemeng word en dan in die slaggate gegooi word. Dit word dan met ’n roller reguit gerol.

Die Vanrhynsdorp-munisipaliteit span sal so gou as moontlik aan die werk spring om te verseker dat slaggate in hul area iets van die verlede is.

Bron: Vanrhynsdorp-munisipaliteit

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?