Nuwe kunstenaars opgewonde oor Krone 4

Konsertgangers wat hul kaartjies vir Krone 4 op 28, 29 en 30 Julie by Carnival City in Johannesburg

opgeraap het, kan uitsien na vier nuwe gesigte op die Krone-verhoog vanjaar.

Deon Groot, Elandré Schwartz en die Lieflinge, wat bestaan uit Rudi Claase en Charne Hugo, sluit

aan by kunstenaars soos Kurt Darren, Juanita du Plessis, Nicholis Louw, Ray Dylan, Snotkop, Liezel

Pieters, Andriëtte Norman, Elizma Theron, Brendan Peyper, Refentse, Adam Tas, Ricus Nel en

Manie Jackson.

“Ek sou twaalf jaar terug nooit kon raai dat ek deel van die Krone-kunstenaars is nie. Dis ’n eer om

saam met van ons land se voorste kunstenaar die verhoog te deel. Krone is beslis die hoogtepunt

van my loopbaan,” sê Deon Groot.

Volgens Rudi Claase van die groep Lieflinge sien hulle uit daarna om die gehoor se energie te voel

terwyl hul stemme in die arena eggo. “Ons is ongelooflik opgewonde oor dié konsert,” vertel Claase

verder.

Krone is ’n moewiese saamsing jol. Tydens die konsert verskyn al die lirieke van die liedjies wat

gesing word op die grootskerms. Die gehoor kan dan na hartelus saamsing en die partytjie is dan

net soveel groter en lekkerder. Dis die grootste sterre op die grootste verhoog en jy kan saamsing!

“Hierdie is een van die grootste musiekkonserte in die land. Dit is ’n kans om te kuier met duisende

aanhangers terwyl jou asem weggeslaan word,” sê Elandré Schwartz.

Groot sê op sy beurt: “Mense kan uitsien na al die wonderlike kunstenaars op die verhoog. Ek sien

veral daarna uit om my lirieke met konsertgangers te deel.”

Kaartjies vir vanjaar se Krone 4-konserte is nou beskikbaar en kan aanlyn gekoop word by

Computicket of enige Checkers/Shoprite en House & Home-winkels.

By op hoogte van die jongste Krone-nuus op Facebook (https://www.facebook.com/KroneFans/),

Twitter (https://twitter.com/KroneFans) en Instagram (https://www.instagram.com/kronefans/).

Uitgereik vir Krone 4

Vir medianavrae: Niel Schoombee

E-pos: niel@select.co.za

Tel: 071 410 5157

Uitgereik deur Lumico

Vir navrae kontak: Hendrik Spangenberg

E-pos: hendrik@lumico.co.za

Tel: 021 422 1494

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?