Nuus van Matzikama Sakekamer

Die Matzikama Sakekamer se bestuur gaan vandeesmaand die nuwe bestuur van die Sakekamer aan die gemeenskap bekend maak.

Volgens Koos Lombard, lid van die sakekamer, gaan daar ’n samestelling van die nuwe bestuur saamgestel word na afloop van die verkiesing van leierskap- en bestuursposisies.

“Te midde van ons uitdagings het ons baie stof tot dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader. Ek wil ook graag ʼn beroep op u doen dat ons 2018 in nederige afhanklikheid en gehoorsaamheid aan ons Hemelse Vader  as inwoners, besigheid entrepreneurs en werkgewers, landbouers,  mynbouers  en werknemers in Matzikama, sal verenig met ʼn omgee-benadering. Ons moet daarna streef om in samehorigheid oplossings te vind wat sal getuig van ons Christelike karakter en nie op ons eie belang gefokus is nie, maar op ʼn verantwoordelike wyse op dié van ons omgewing as ʼn geheel,” sê Lombard.

“Dit is ʼn voorreg en genade vir almal van ons om deel te kan wees van ʼn dinamiese omgewing en om  ʼn verskil uit dankbaarheid te kan help maak. Met dié gesindheid wil ek ook u versoek om asseblief voortdurend vir al ons landbou-entrepreneurs, hul werknemers en verwante besighede wat gebuk gaan onder die uitdaging van die huidige droogte, vanaf u knieë op te dra aan ons Hemelse Vader vir  ʼn volhoubare watervoorsiening uitkoms.” voeg Lombard by.

Lombard voeg by dat dit ook belangrik is om in hierdie tye ons ondersteuning as medemense aan te bied in welke formaat ook al gepas is. Hoe meer jy gee, hoe meer kan aan jou toevertrou word om te ontvang.

“Ons vertrou dat u ʼn geseënde Kersfees geniet het met u familie en vriende en wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir u ʼn voorspoedige 2018 toe te wens,” sê Lombard.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?