Nóg ’n konsert vir Afrikaans is Groot in Kaapstad

Die vraag na kaartjies vir vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad was só oorweldigend dat die organiseerders besluit het om nóg ’n vertoning by te voeg.

“Kaartjies vir die vertonings het soos soetkoek verkoop. Die aanvraag aanlyn was selfs groter as met Black Friday-verkope. Twee van die vertonings op 17 Maart is byna uitverkoop,” vertel Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot.

Dié ekstra vertoning word op Vrydag, 16 Maart om 19:30 aangebied by die Grand West se GrandArena.

“Ons is baie opgewonde oor dié ekstra vertoning en natuurlik ook oor die konsert wat tans in die Sun Arena by Time Square in Menlyn Maine, Pretoria aangebied word. Gehore kan beslis uitmuntende gehalte verwag,” brei Hargroves uit.

Konsertgangers kan uitsien na optredes deur Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Jay en Steve Hofmeyr. Nóg verrassings wag op gehore.

Ongeveer 85,000 konsertgangers woon Afrikaans is Groot in Pretoria by, wat dit die grootste musiekproduksie in Suid-Afrika maak. Afrikaans was beslis nog nooit só groot nie.

Kaartjies vir die ekstra vertoning is van Maandag, 27 November om 09:00 by Computicket-kiosks, Shoprite/Checkers en House & Home landwyd beskikbaar. Kaartjies is ook aanlyn by Computicket of by 0861 915 8000 beskikbaar.

Bly op die hoogte van Afrikaans is Groot-nuus op Facebook (https://www.facebook.com/AfrikaansisGroot/) en Twitter (https://twitter.com/AfrIsGroot).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?