Nicholis Louw optrede was ’n sukses

Op 10 Maart was daar groot opwinding in die Matzikama-streek, maar veral op Vanrhynsdorp. Daar was talle mense wat Vrydag aand na Letsatsi gestroom het om na die optrede van die bekende Nicholis Louw te gaan kyk.

Die aand was ’n reuse-sukses en besoekers het dit terdeë geniet om tydens ’n heerlike aansitete na Louw en Andre Venter se musiek te luister. Dit was ’n aand van opwinding, saam sing, lekker eet, lekker geselskap en baie goeie musiek by die mooi Letsatsi Lodge op Vanrhynsdorp. Die besoekers het baie foto’s geneem en al die kaartjies was uitverkoop.

Ons hoop om meer sulke lekker geleenthede in die Matzikama te hê.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?