NG Moedergemeente op Vredendal se kermis

Die NG Moedergemeente op Vredendal hou op Vrydag, 12 Mei, basaar. Van twee-uur die middag sal die volgende beskikbaar wees: Pannekoek, hamburgers en skyfies, kerrie en rys, jaffels, slush puppies, koeldrank, roomys en ’n kosstalletjie van Koffie Snob.

 

Kinderpret sluit in: Skyfskiet, perderitte, springkastele, sandkuns en heerlike eetgoed vir kinders. Die rodeo-bulrit beloof om een van die hoogtepunt te wees. Volwassenes gaan van agt- tot nege-uur die kans kry om te ry.

Om vyfuur is die kermis se amptelike opening en dan is die volgende beskikbaar: Basaarpoeding, klein koekies, groot koeke en terte, brood en beskuit, groente en vleis en ’n braaivleis-ete vir slegs R50. Die veiling begin om 18:30.
Daar gaan ’n spookhuis ook wees wat ná sesuur sal begin wanneer dit begin donker word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?