Nasionale Boekweek in September

Suid-Afrika herdenk nasionale boekeweek van 5 tot 11 September. Dit is ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Boekontwikkelingsraad (SABDC) in samewerking met die Departement van Kuns en Kultuur.

Die herdenking val saam met die Internasionale Geletterdheidsdag op Vrydag, 8 September. Leesstatistieke soos verskaf deur die SABDC meld dat slegs 14% van die Suid-Afrikaanse bevolking aktiewe boeklesers is en net 5% van ouers vir hul kinders lees. Nasionale boekweek is ’n belangrike inisiatief om die nasie aan te moedig om lees te waardeer as ’n prettige en aangename aktiwiteit en om te wys hoe maklik lees in die daaglikse lewenstyl opgeneem kan word.


Verder kan kinders wat lees volgens die SABDC maklik struikelblokke oorskry wat dikwels deur die lae opvoedkundige vlakke van hul ouers, hul gemeenskap se ekonomie of die politieke stelsels van hul land opgelê word.

Boeke in ’n huis het volgens die SABDC ’n sterk uitwerking op kinders se opvoedkundige bereiking selfs bo en behalwe sulke faktore soos die opvoedkundige vlak van ouers, die ouer se beroep of die politieke stelsel van die land.

Daar is baie ander voordele van lees soos:

  • Verbetering van verbeelding
  • Toenemende intelligensie
  • Versterk breinkrag
  • Bou woordeskat
  • Verhoog produktiwiteit
  • Verbetering van kulturele diversiteit en sosiale samehorigheid
  • Ekonomiese bemagtiging

Die meeste dorpe het biblioteke wat boeke uitleen. In Vredendal gaan die argiefdienste op Dinsdag, 5 September by Eureka-biblioteek te Vredendal-Noord ʼn uitstalling hou. Twee lede van die rekord en argiefdienste sal beskikbaar wees om vrae te beantwoord en boekies uitdeel oor die rol en funksie van die argiefdienste. Argiefdienste is deel van Departement Kultuursake.

Vir meer inligting oor boekeweek, skakel vir mr. Robert August by Vredendal Biblioteek: 027 201 3300.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?