Nano-polimeer tegnologie bring groot opwinding

’n Demonstrasie wat wys hoe nano-polimeer tegnologie gebruik kan word om slaggate te herstel, is vandag by die raadsaal op Vredendal aangebied. Rhenda Stephan, burgemeester, en raadslede asook die lede van die Matzikama-munsipaliteit se tegniese span het hierdie demonstrasie bygewoon. Daar was eers ʼn voorlegging in die raadsaal waarna die demonstrasie in Buitelaan gewys het hoe die slaggate herstel gaan word.

 

Mark Wise van Cruze Holdings het aan almal verduidelik dat nano-polimeer tegnologie uiters doeltreffend is om te gebruik om slaggate te herstel. Die burgemeester en raadslede sien baie uit na die projek omdat dit werkskeppingsmoonthede vir die streek inhou. Die werknemers sal ook opgelei word sodat hulle weet hoe die tegnologie toegepas word. Meer inligting oor die opleiding en wanneer die projek sal begin, sal nog bekend gemaak word.

 

Met die nuwe nano-polimeer tegnologie wat eersdaags in die Matzikama-streek gaan wees, kan die Matzikama omgewing uitsien na nuwe paaie en ook meer werkskepping

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?