Namaqua Lodge, die hart van die Namakwaland

Namaqua Lodge is geleë op Vanrhynsdorp, die hart van Namakwaland, 300 km noord van Kaapstad en 270 km suid van Springbok. Die ware Namakwalandse gasvryheid en vriendelikheid wat gaste by Namaqua Lodge ontvang, verseker dat besoekers keer op keer weer kom kuier.

 

 

Mikie’s Restaurant & Grill:

Namaqua Lodge voorsien jou van net die beste gehalte en wanneer dit by etes kom, oortref hulle hulself. Die restaurant se goeie naam loop hom vooruit en die weglê-etes is wyd bekend. Mikie’s Restaurant skep ʼn ontspanne atmosfeer waarin jy elke maaltyd sal geniet.

 

Dameskroeg:

Ontspan in die dameskroeg met pool tafels, veerpyltjiebord, DStv (SuperSport) en ʼn koue drankie. Kom bewonder ook ons dasversameling, die tweede grootste in die wêreld.

 

Swembad-area:

Die swembad-area is net die plek om te wees in die somermaande waar jy ʼn drankie in die swembad kan geniet of onder die lekker koel lapa kan ontspan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?