Namaqua-Fietsryklub se 20 km-sirkelroete

Eerskomende Saterdag, 27 Mei, gaan die Namaqua-Fietsryklub weer ’n fietsry-wedren hou. Hierdie keer is dit ’n 20 km-sirkelroete wat sal plaasvind op Vanrhynsdorp.

Die 20 km-roete is ideaal vir vroue en beginners. Daar is ook ’n roete vir Vredendal-ryers wat meer afstand soek en dit is ’n wedren oor 50 km roete. Persone kan ook die sirkelroete twee keer ry. Ná hierdie dag se verrigtinge gaan daar ’n lekker braai wees vir die deelnemers.
Die geleentheid word spesiaal gereël om lede in die Vanrhynsdorp-omgewing te betrek. Vir meer inligting oor die sirkelroete hou Namaqua-Fietsryklub se Facebookblad dop. Indien jy ’n fietsry-liefhebber is, is dit die perfekte geleentheid net vir jou.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?