Namaqua Engineering skenk hooibale aan Calvinia-boere in nood

Daar is baie mense wat bel en iets wil bydra vir Calvinia wat tans onder geweldige droogte deurloop. ’n Inwoner het gesê dat dit voel of hulle in een groot vetkol lê. Soos wat Burre Burger boodskappe en oproepe ontvang het, het hy ’n boodskap van Stokkies van Zyl gekry, wat gesê het dat hy ’n vol vrag hooibale sal aflewer vir die boere in nood.

Burre bedank vir Namaqua Engineering wat deel geraak het van die projek. Die hooibale is gereed om gelaai te word. Hulle gaan aanstaande week op Vredenburg nog hooibale laai, vanwaar dit by die Calvinia-landbouvereniging afgelewer en tussen boere in nood verspei gaan word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?