Namaqua BioBash

Die vierde Namaqua BioBash word vanjaar van 20 tot 23 Julie aangebied en bied vrywilligers van regoor die land die geleentheid om hul tyd op te offer om te kom help om data in te samel in die Namakwaland.  

Volgens Salome Willemse, voorsitter van Namaqua Bird Club, moet elke betrokke persoon ’n periode van twee ure in ’n 9 x 9 km area (blok) deurbring.

“Gedurende hierdie tydperk word die voëls asook enige ander lewe aangeteken en gedokumenteer. Foto’s word ook geneem van spinnekoppe, reptiele, skoenlappers en soogdiere wat dan opgelaai word vir die Virtuele Museum van die Universiteit van Kaapstad se Animal Demography Units (ADU),” verduidelik Willemse. Sy het bygevoeg dat hulle gedurende hierdie tydperk minimum tien ure in die veld bestee.

“Hierdie is basies om ’n begrip te probeer vorm van watter spesies hier voorkom asook om te sien of daar spesies ‘bykom’ of ‘wegval’ soos wat die streek al droeër en warmer raak,” sê Willemse.  

Die Namakwaland word volgens haar as ’n buffer-sone gesien en is ’n besondere streek met fynbos, Karoo-veld, oseaan en renosterveld en daarom word verandering in spesies hier maklik raakgesien.

Hierdie BioBash sal ook vanjaar vir die eerste keer in die winter gehou word.  

“Die Namaqua Bird Club het twee jaar gelede aan die Animal Demography Unit (ADU) die onderneming gegee om Namakwaland ‘groen’ te maak en ons sal teen die einde van hierdie BioBash ongeveer 80% bereik het,” verduidelik Willemse.

Cape Nature gaan vanjaar saam met hulle werk en die res van die deelnemers is:

  • Professor Les Underhill (ADU/UCT)
  • Jerome Ainsley (National Coordinator of the Waterbird Counts)
  • Roger Dixon (Professor UP)
  • Kerry Fairly (EXM)
  • Alan Collett (Graaff-Reinet)
  • Chris Cheetham (Kaapstad)
  • Cathy en Paul Jenkins
  • Bolla en Netta Truter (Onder-voorsitter Namaqua Bird Club)
  • Salome Willemse (Voorsitter Namaqua Bird Club)
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?