Namakwa Toere berei voor vir tog na Namibië

Namakwa Toere het in 2018 ’n goeie jaar vir blomme toere gehad. Hul blomtoere het intussen tot ’n einde gekom, al is die velde nog ingekleur met die pragtigste inheemse blomme. Namakwa Toere maak egter gereed om hul toere na Namibië te beplan.

Indien jy nog nooit in Namibië was nie en nie seker is hoe om jou eerste tog na die buurstaat te beplan nie, doen dit gerus met Namakwa Toere. Besoek die grootste water skerpoort in Afrika. Verken Luderitz met sy Duitse argitektuur. Aanskou Sossusvlei in die Namib-Naukluft Nasionale Park. Die Namib-woestyn se skoonheid sal jou spraakloos laat. Kolmanskop spookdorp sal nog vir weke by jou spook. Namakwa Toere sal jou die beste gee van Namibië, alles terwyl jy met gerief vervoer word en in luuksheid woon.

Jy kan dus jou toer vir die 2019 toer bespreek voor Sondag, 30 September 2018 en die toer ontvang teen 2018 se prys. Daarna is 2019 pryse ten sprake. Stuur ’n e-pos aan info@namakwatoere.com of skakel 082 878 5500 om jou plek te boek of meer uit te vind oor die toere.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?