’n Biblioteek vir Koekenaap

Kennis is waarlik die een ding wat niemand van jou kan neem nie, veral as jy jouself bemagtig. Selfbemagtiging begin reeds wanneer jy ’n kind is en aangemoedig word om te lees en gereeld die biblioteek te besoek. Tot op hede moes die gemeenskap van Koekenaap of stap, of fiets ry of ’n saamry-geleentheid gebruik om by hul naaste biblioteek op Lutzville of Uitkyk te uit te kom. Die klein gemeenskap buitekant Lutzville sal binnekort die moeite bespaar word, want hulle gaan binnekort hul eie biblioteek op Koekenaap ontvang.

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Anroux Marais het ’n tjek van R600 000 aan die Matzikama Munisipaliteit oorhandig om ’n modulêre biblioteek vir die gemeenskap te open. Die gemeenskap van Koekenaap sal dus meer tyd in hul eie biblioteek deurbring om kennis te versamel as om die 7,4 km aan te pak om ’n boek of twee op Lutzville om te ruil.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?