Minister van menslike nedersettings besoek Bitterfontein

Die Wes-Kaap se minister van menslike nedersettings, Bonginkosi Madikizela, het op Dinsdag, 20 Junie die inwoners van Bitterfontein besoek en aangespreek na ʼn onlangse oproer in die omgewing plaasgevind het. Inwoners van die area het die N7-snelweg blokkeer omdat die Matzikama-munisipaliteit onwettige strukture wat op privaat grond gebou is, wou sloop. Minister Madikizela het die inwoners gerus gestel en verseker dat die departement van menslike nedersettings die Matzikama-munisipaliteit sal help om die grond te koop, te registreer en om die proses van die beplanning van behuisingsontwikkeling te begin.

Minister Madikizela het ook die inwoners van Ebenhaeser besoek om 104 titel aktes aan die gemeenskap te oorhandig.

Bron: Matzikama Thusong Centre en Matzikama-munisipaliteit, Facebook blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?