Matzikama se vooruitgang aan die orde van die dag by raadsvergaderings

Die raadvergaderings bring Matzikama se agt wyke bymekaar om belangrike sake in die streek te bespreek en oplossings te vind vir kwellinge in die onderskeie gemeenskappe. Die mees onlangse vergadering, op 28 Junie, het ‘n lang lys van die gemeenskap se belange bespreek.

Gemeenskapslede het hul daaglikse uitdagings aangespreek teenoor die nuwe proporsionele raadslid vir die DA, Johan van der Hoven, en ander lede van die raad. ’n Tekort aan spasie by Strandfontein se ontspanningsgeriewe is bespreek, omdat die strand soms oorloop van strandgangers wat na sand, son en see soek in piek seisoenale tye. Die moontlikheid om Vredendal se woonwapark en Strandfontein se kampeerterrein uit te kontrakteer was ook op die agenda. Die oorweging om Vredendal-Suid se sportgronde aan Vredendal Sportklub te verhuur, was nog ʼn onderwerp van belang.

Huiswinkeleienaars was verjeug om te hoor dat hulle hul brood en botter kan verdien vanuit hul eie huise, nadat die munisipaliteit in die verlede oorweeg het om van die huiswinkelbesighede te sluit. Daar word beplan dat eienaars van huiswinkels op ’n latere stadium hul besighede op ʼn databasis registreer by die munisipaliteit. Daar word ook gekyk om ’n afspraakstelsel by die munisipale voertuig-padwaardigheidstoetsstasie te implementeer sodat lisensiehouers en voertuigeienaars nie so lank in die lyne sal wag nie.

Inwoners en lede van die publiek kan die volgende vergadering in die raadsaal bywoon om 10:00 op 31 Julie om die Matzikama Munisipaliteit se vooruitgang verder te bespreek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?