Matzikama-musiekweek

Die Matzikama-musiekweek, aangebied deur die musiekdepartement van Hoërskool Vredendal, het van 8 – 12 Mei plaasgevind.

Hierdie musiekhoogtepunt is vir die vierde agtereenvolgende jaar in samewerking met Camerata Tinta Barocca aangebied. Ongeveer 700 leerders uit die streek is in die oggend aan musiek en die musiekinstrumente uit die Barok-era in werksessies blootgestel.

Die Camerata Tinta Barocca het op 9 Mei ’n uiters suksesvolle uitvoering in die Kapel by Letsatsi Lodge op Vanrhynsdorp gehou. Meesterklasse is aangebied vir musiekleerders van Hoërskool Vredendal en hulle leerders het die voorreg gehad om saam met die professionele musici op te tree by ’n konstert op 11 Mei by Vredendal se NG Moedergemeente.

Albertus Engelbrecht, ’n oud-leerder, is ook tydens hierdie konsert op die ererol geplaas vir sy prestasie op internasionale gebied as opera-sanger.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?