Matzikama-munisipaliteit herstel rioolpype

Die Matzikama-munsipaliteit se tegniese-span op Vredendal is hierdie week hard besig om die dorp op te ruim en skoon te maak. Hulle het reeds vandeesweek verskeie rioolpype herstel en ook die pype vervang op Vredendal-Noord en Vredendal-Suid.

Die tegniese span herstel ook meter-lekkasies. Vandag gaan daar ʼn span uit na Klawer om te help met die verwydering van huishoudelike vullis. Die tegniese span het hulle hande vol met herstelwerke en doen hul bes om dit so spoedig as moontlik doen.

Bron: Matzikama-munisipaliteit, tegniese span

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?