Matzikama Begrafnisdienste

MBD bied ’n verskeidenheid versekeringsprodukte om by individue se behoeftes te pas. Van MBD se produkte is ’n standaardplan wat ook dekking met terminale siekte-voordele inhou en ’n kontant-terug-waarborg bied. MBD sal verseker dat betroubare dienste aan kliënte verskaf word.

Tussendeur al die dienste wat gelewer word deur hul vriendelike personeel, maak hulle ook tyd om stap vir stap aan jou te verduidelik hoe elke proses werk wat hulle volg wanneer iemand afsterf in jou familie. Tydens begrafnisse vervoer MBD die kis na die huis, kerk en die begraafplaas volgens die familie se wens.

MBD kan ook die oorskot oor lang afstande vervoer indien nodig. ’n Familiemotor kan op aanvraag beskikbaar gestel word. Die personeel staan die naasbestaandes by om al die reëlings vir ’n verassing te tref. Die onderneming onderhandel namens die familie met die krematorium en maak seker dat die familie se wense uitgevoer word.

MBD reël begrafnisse volgens kliënte se verwagtinge en behoeftes. Dit sluit in alle dienste van die oomblik wat iemand sterf tot nadat die begrafnis afgehandel is. Blomme word gereël namens kliënte en volgens hul behoeftes. Kunsblomme van verskillende vorms en kleure is ook beskikbaar. MBD maak gebruik van die dienste van verskillende verskaffers om aan hulle kwotasies te voorsien, grafstene te verskaf en op te rig. Tweede bewoording en herstelwerk aan grafstene kan gereël word by private diensteverskaffers.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?