Matzikama Begrafnisdienste

Matzikama Begrafnisdienste is in 2004 gestig met die doel om ’n plaaslike onderneming bedryf wat ’n diens aan die omgewing kan lewer en terselfdertyd werk kan verskaf.

MBD het in 2013 twee nuwe takke geopen, naamlik Calvinia en Touwsrivier. MBD verskaf tans werk aan 22 voltydse personeellede en meer as 50 agente.

MBD is betrokke by talle gemeenskapsprojekte wat ’n bydrae tot hul gemeenskappe lewer.  MBD het ook in 2014 met omgee-projekte in hul bedieningsarea begin. Daar word onder meer geleenthede vir skole en kerke geskep om met geestelike boeke en Bybel-projekte geld in te samel. MBD is in 2004 gestig met die doel om ’n plaaslike onderneming te bedryf wat ’n diens aan die omgewing kan lewer en terselfdertyd werk kan verskaf. MBD bied ’n ooreenkoms van vertroue om seker te maak jou familie en naasbestaandes is rustig met die wete dat MBD sorg vir jou begrafnis. MBD het al twaalf jaar ervaring in die bedryf, wat hulle kenners op die gebied maak.

MBD hanteer alle verrigtinge met waardigheid, respek, integriteit en menslikheid.

MBD kan jou bystaan met begrafnisdekking tot R100 000 en ook groep-begrafnisversekering (werkgewers met meer as 3 werknemers) verskaf. Hierdie versekering kan ook die gratis vervoer van die oorskot na enige plek in die land insluit.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?