Matzikama Begrafnisdienste

Een van die mees traumatiese tye in enige mens se lewe is wanneer ’n geliefde sterf. Indien jy berading en ondersteuning nodig het, sal MBD leiding en emosionele bystand verskaf. MBD kan jou help om jou begrafnis vooruit te beplan. Dit sal verhoed dat familielede moeilike besluite moet neem tydens hulle rouproses.

MBD doen ook groepbegrafnisversekering vir groepe, waar jy jou klublede, werknemers, familielede en kliënte kan verseker. MBD hanteer begrafnisversekeringseise van verskillende maatskappye namens hul kliënte. Die meeste versekeringsmaatskappye betaal eise binne 48 uur uit nadat hulle alle dokumente ontvang het. Tydens ’n gedenkdiens neem familie en vriende afskeid van hul geliefde.

MBD sal die familie bystaan om die gedenkdiens te reël sodat hulle op ’n waardige wyse kan afskeid neem. MBD sal verseker dat betroubare dienste aan kliënte verskaf word. Hieronder is beskikbare dienste wat gelewer word deur ons vriendelike personeel.

Vir meer inligting kontak MBD by 027 213 2632 of besoek hul webblad by www.mbdsa.com.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?