Matzikama Begrafnisdienste

Vir meer as twaalf jaar verskaf MBD dienste aan ’n breë gemeenskap en hulle gaan steeds van krag tot krag. MBD het ’n platform van meer as vyftig agente geskep en beskik reeds oor meer as twintig voltydse personeellede. Matzikama Begrafnisdienste voeg waarde by hulle dienste, is innoverend en proaktief. Hulle hanteer kliënte met deernis en respek.

MBD reël begrafnisse volgens hul kliënte se verwagtinge en behoeftes. Dit sluit in alle dienste – van die oomblik wat iemand sterf tot ná die begrafnis afgehandel is. Tydens begrafnisse vervoer MBD die kis na die huis, kerk en die begraafplaas volgens die familie se wens. MBD kan ook – in nodig – die oorskot oor lang afstande vervoer. ’n Familiemotor kan ook op aanvraag beskikbaar gestel word.

MBD maak gebruik van die dienste van verskillende verskaffers om aan hulle kwotasies te voorsien, grafstene te verskaf en op te rig. Tweede bewoording en herstelwerk aan grafstene kan gereël word by private diensteverskaffers. MBD kan help om jou begrafnis vooruit te beplan. Dit sal verhoed dat familielede moeilike besluite moet neem tydens hulle rouproses.

Vir meer inligting kontak MBD by 027 213 2632 of besoek hul webblad by www.mbdsa.com.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?