Maak jou Afrikanerhart oop en braai vir die boere

Reën bied broodnodige voeding vir die aarde en plante en dien as ’n noodsaaklike kommoditeit
wat boere benodig om hul lewende hawe en gewasse aan die lewe te hou. Om enige gewas te
plant of lewende hawe aan te hou, is boere afhanklik van reën. Oor die afgelope paar jaar is
daar dele van Suid-Afrika wat erg getakel is deur ’n angswekkende droogte. Die reën was wel
min, maar die ondersteuning wat die land aan boere gebied het, was van onskatbare waarde.

Net nadat die hemele oopgebars het vir die boere, is nog ’n penarie tans in die boere se midde.
Die laaste uitbraak van bek-en-klouseer was in 2011 en vanjaar struikel Suid-Afrikaanse boere
met ’n halvering van beesvleispryse. Rakende die feit dat gewasse nog nie sterk genoeg is om
boere te kan dra na die droogte nie, is hulle nou afhanklik van vee om vleis te produseer. Hier
kom die penarie werklik na vore. Help die boere. Reik uit en koop vleis. Met jou vleisaankope
kan jy keer dat boere finansieel onder druk geplaas word weens omstandighede buite hul
beheer.

Braai vir die Boere is ’n veldtog gestig deur kenners in die landboubedryf en direkteure van
Beeswinkel om ’n beroep te doen op elke Suid-Afrikaner om hul harte oop te maak en vleis te
koop, braai, en te geniet. Op dié manier kan jy ’n bydrae maak om te keer dat duisende boere
en hul gesinne finansiële agteruitgang beleef.

Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, nooi jou om deel te wees van hierdie veldtog.
Hy het die volgende op sosiale media gesê: “Suid-Afrikaanse boere word tans geraak deur ’n
erge bek-en-klouseer uitbraak wat veroorsaak dat hul hoof inkomste – vleisverkope – nou
gehalveer is.”

Daar is baie boere wat nog nie weer gewasse kon plant na die ontsettende droogte van die
afgelope paar jaar nie. “’n Baie groot persentasie van Suid-Afrika se boere het nog glad nie
geplant nie as gevolg van die droogte. Dit wil sê dat die veeverkope die enigste inkomste is wat
die boere tans het,” het Van Heerden gesê.

Die erge bek-en-klouseer uitbraak het veroorsaak dat boere se vleispryse gehalveer is en om
hulle finansieel by te staan as land en nasie, moet ons vat hande met vriende en familie en vleis
koop.

“Jy hoef nie vir ons trokke vol voer te stuur nie. Wat ons nou nodig het, is dat jy vleis eet. Ons
nooi julle uit om te braai,” sê Van Heerden.

Dis waarom die veldtog #BraaiVirDieBoere en #BraaiElkeDag, wat tans ontplof op sosiale
media, gestig is. “Daag jou buurman, buurvrou, oom, tannie, of enige ou kennis uit om ’n tjoppie
oor die eg Suid-Afrikaanse braaivleisvuur te gooi. Met elke kilogram vleis wat jy ekstra koop,
kan jy boere help om uit finansiële verknorsing te kom, sê hy.

Neem ’n selfie of ’n kort video van jou waar jy braai en deel dit met Beeswinkel en Rooivleis
SA/Red Meat SA op sosiale media. Onthou om die #BraaiVirDieBoere hutsmerk te gebruik en
gesels lekker saam met jou vriende. Onthou ook dan om iemand op jou sosiale media uit te
daag om ook aan die veldtog kan deelneem.

Ina Wentzel het onlangs aan die veldtog deelgeneem en in haar video gesê: “Dis tyd dat ons
moet begin vleis eet. Die boere kry swaar en ons het nou eers reën begin kry. Ek vra vir almal
wat ek ken en nie ken nie om ’n ekstra kilogram vleis per maand te koop en te braai.”

Rooivleis-liefhebbers kan met die druk van ’n knoppie op Rooivleis SA se sosiale media-
platforms die heerlikste resepte, wenke en vele meer inligting oor Rooivleis SA kry. Braaiers van
formaat kan ’n ogie gaan gooi om ingelig te bly oor die nuutste braaineigings en nuttige wenke.

As jy ’n verskil wil maak, weet jy nou wat om te doen. Koop vleis, braai vleis en eet vleis.

Volg RooivleisSA op Facebook (@RooivleisSA) of Instagram (@RooivleisSA).

UITGEREIK DEUR Lightspeed Digital Media
Op die hoogte van Beeswinkel
VIR VERDERE INLIGTING
VIR KOMMENTAAR

Uitgereik deur Lightspeed Digital Media
Vir navrae kontak asseblief:

Dean Skippers dean@ld.media 021 422 1494, of
Heidi van der Merwe heidi@ld.media 021 422 1494

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?