Luister weer én weer na jou Afrikaanse gunstelinge op JOOX

Jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars is nou letterlik aan die punte van jou vingers met die JOOX-musiekstroom app. Luister regstreeks na musiek of laai jou keuses af om weer én weer daarna te luister.

Vandat Joox in Suid-Afrika bekend gestel is, het dit ’n reuse omwenteling in die Afrikaanse musiekwêreld veroorsaak. Musiekliefhebbers het nou ’n yslike biblioteek van musiek tot hul beskikking om hul eie persoonlike speellyste saam te stel.

Verskeie Afrikaanse kunstenaars het ook dadelik die geleentheid aangegryp wat JOOX hul bied om hul musiek vinniger by hul ondersteuners te kry.

Vir Deon van der Merwe & Ruhan du Toit, die duetpaar beter bekend as Touch of Class, is Joox die beste musiekstroom-app wat hulle al beleef het.

“Hierdie app maak die lewe so gemaklik en bied soveel verskeidenheid,” het hulle gesê.

Die sanger en televisie-aanbieder Willem Botha is baie opgewonde oor die JOOX-app. “Dis ’n manier waarmee ek my musiek met mense kan deel asook lekker speellyste kan maak. Daar is mos niks wat ons meer in die Desember-vakansiestemming kan kry as lekker musiek nie,” het hy gesê.

“JOOX is dié musiek-app van die toekoms in Suid-Afrika,” vertel Lee Scott, sanger en Kliphard-aanbieder opgewonde. “As ’n sanger is ek mal oor musiek en altyd op soek na nuwe klanke en idees. JOOX gee dit als vir my. Dit is ook so gebruikersvriendelik – met net een klik kan ek dadelik na my gunstelinge luister,” het hy gesê.

Volgens Bino Boshoff, hoof van Afrikaanse Musiek by Universal Music, was die besluit om hul kunstenaars se musiek op JOOX beskikbaar te stel, vanselfsprekend.

“Ons kan nie bekostig om agter te bly met wat die wonderlike wêreld van tegnologie aan ons bied nie. Dit is nou makliker as ooit om ons aanhangers te bereik,” het hy gesê.

Laai die JOOX-app gratis in die Google Playstore en App Store af en luister na weeklikse nuwe speellyste met jou gunsteling Afrikaanse nommers.

Verkry gratis toegang tot die volgende:

Groot biblioteek – Kry onmiddellik toegang tot musiek van regoor die wêreld
JOOX Radio – Toegang tot meer as 50 radiostasies met ’n groot aantal liedjies
Aanbevole speellyste – Vind speellyste deur ons saamgestel met liedjies om jou bui te pas
“Real-Time Sharing” – deel jou liedjies met jou WeChat-vriendekring en op jou “Oomblikke”

Die JOOX VIP-diens sluit die volgende in vir toegewyde musiek-aanhangers:

Speel op aanvraag
Laai af om later te luister
Hoë gehalte-stroming
Geen klank-advertensies

Gebruikers wat JOOX aflaai, kry hul eerste maand van VIP-gebruik gratis en kan ook uitkyk vir spesiale kodes van hul gunsteling-kunstenaars om om dié voordeel te geniet.
Gaan na www.joox.com vir meer inligting.

JOOX is ’n produk van Tencent Africa Services – ’n gesamentlike onderneming tussen Tencent Mobility in Hong Kong en Suid-Afrikaanse mediamaatskappye. Ander produkte uit hul stal sluit in WeChat en VOOV.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?