LGO-Kantoor se skoonheidsdag

Augustus is Vrouemaand en daarom het die Landbou Gemeenskapsontwikkeling (LGO) se kantoor op Vredendal op Saterdag, 12 Augustus, ʼn skoonheidsdag aangebied vir al die vroue in die Matzikama-streek.

Volgens Donivan Johnson, intern by die LGO-kantoor, is die dag aangebied om vroue mooi te maak en goed te laat voel veral aangesien dit Vrouemaand is.

“Daar is gefokus om die vroue se waarde weer terug te sit, om hul selfvertroue weer op te bou, om ook al die vroue spesiaal te laat voel en waardering teenoor alle vroue te toon,” sê Johnson.

Johnson voeg ook by dat die LGO-interns hand bygesit het by hierdie dag se verrigtinge. Die interns is Elize Syster, Elisna Genis, Shirene Andrews en Janina Kordom.

“Die dag was ʼn reuse sukses en elke vrou het die dag geniet,” sê Johnson.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?