kykNET verander sy Sondagaand-rooster

Die Afrikaanse televisiekanaal, kykNET, het aangekondig dat sy Sondagaand-skedule eersdaags gaan verander.

Een van dié kanaal se gewildste joernaalprogramme, Kwêla, word van Sondag 7 Januarie om 18:00 uitgesaai in plaas van 20:00.

Die formaat en inhoud is onveranderd. Hannes van Wyk, ankeraanbieder van die program, se gewilde gesprekke op die bekende Kwêla-bank sal steeds plaasvind.

Veldaanbieders soos Johnny Davids, Minki Joubert, Therese Benade-Bam, Willem Botha, Pieter Koen en André Weideman sal steeds interessante mense van regoor Suid-Afrika besoek.

“Die nuwe 18:00-tydgleuf gee kykers die kans om hul Sondagaande rustiger aan te pak,” het Hannes gesê.

Kwêla sal oudergewoonte gevolg word deur E-Nuus om 19:00 gevolg deur Bravo! om 19:30. In die nuwe 20:00-tydgleuf kan kykers uitsien na ’n dokumentêr, Oppi Kassie, wat handel oor die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse televisie.

Berig verskaf deur sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?