Kunstevereniging hou kleurryke en kunstige jaarvergadering

Die Wesland Kunstevereniging het op Saterdag, 2 Maart hul jaarlikse vergadering by Aan-de-Kleinrivier Padstal aangebied. Teenwoordigers is versoek om as hul gunsteling kunstenaar of kunswerk aan te trek.

Dié tema het het vele genot tot gevolg gehad en hulle het geskerts dat hulle die “Dead Artist Society” is omdat so baie van hulle aangetrek het soos kunstenaars wat reeds gesterf het. Die plaaslike digter en kunstenaar, Elza Smal, het die prys gewen vir beste die uitrusting met haar uitbeelding van Pablo Picasso se Mona Lisa.

Mike Pretorius van Neo Sound Designs was vanjaar se gasspreker. Neo Sound Design se doel is om musiekvaardigheid aan mense te bied wat nooit hieraan blootgestel was nie. Mike maak instrumente uit basiese materiaal en stel hulle dan in op C-Majeur op die pentatoniese skaal.

“As dit op C-Majeur ingestel is, kan enige persoon ’n instrument vinnig leer speel. Dit is ’n terapeutiesie manier wat onmiddellike gevoel van selfwaarde en selfvertroue bied,” het Mike vertel.

Mike het ook ’n jaar grondslagkursus voltooi wat spesifiek gerig is op musiekopleiding in die klaskamer. Hy wil graag die Neo-program ook aan plaaslike skole bekend stel. Dit is daarop geskoei dat hy musikale instrumente meer toeganklik wil maak vir jong leerders. Dit het potensieel ook groot terapeutiese waarde. Belangstellendes kan Mike kontak by 079 199 6534.

Die vereniging sal weer op 9 Maart bymekaar kom. Hierdie samekoms gaan merendeels fokus op basiese tegnieke soos hoe om met potlood of ink te teken. Kontak die voorsitter van die WAA, Desireé Brandt by 073 229 5093, of Veronica op 083 645 3199. Die Wesland Kunstevereniging beplan groot dinge vir 2019.

Op foto van links is: Desireé Brand, Ann Lochner, Jessica Berlion en Veronica De Klerk. Voor is Mike Pretorius, Riana Wilhelm en Elza Smal.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?